Maré l’Abillionni word uit Portugal na Madagaskar weggeruk en beland op die slaweskip Meermin voordat sy by Struisbaai uitspoel. Sy is gebreek soos sprokkelhou, maar haar vlam is nog lank nie geblus nie.
258 jaar later arriveer Hetta Uys op Agulhas. Terwyl sy haar ouma se huis oppak, word ’n stokoue dagboek ontdek wat haar toekoms kan bepaal.
Ruan van Wyk en sy drie kinders is steeds besig om ’n gedeelde tragedie te verwerk. Elkeen sal die komende twaalf maande op sý manier aflê. Volgende toetse deurstaan. Tweede kanse aangryp. Want altyd is daar nuwe eise. En nuwe hoop. François Bloemhof se eerste herverbeelding van die gelyknamige TV-reeks was ’n groot sukses. Lees nou verder!