Huisgenoot: Het jy geweet?
Het jy geweet dat sebras eintlik swart met wit strepe is? Dat die Bloukransbrug die hoogste brug in Afrika is? Of dat Tafelberg miljoene jare gelede die bodem van ’n vallei was? ’n Versameling verstommende feite en infografika uit Huisgenoot se gewilde Het jy geweet?-reeks wat oud en jonk saam sal laat uitroep: “Dít het ek nie geweet nie!”




