Weg is nie ‘n plek nie

In ?Weg is nie ’n plek nie herinner Santie van der Merwe ons hoe die liefde ons almal raak, en dat verlies soos ’n kooltjie bly smeul en onverwags weer kan vlamvat. Maar soms skenk die heelal vir ’n mens ’n beskermengel wanneer jy dit die nodigste het.

Met ander woorde

Nadat Kristina verdwyn tydens ‘n drafuitstappie, bel haar huismaats die polisie en hulle vind haar teen die berg. Sy kan niks onthou nie en ondergaan ‘n drastiese persoonlikheidsverandering. Psigiater Ben Krige sien haar as ‘n raaisel, maar deur woorde breek hulle geleidelik deur grense wat hulle van mekaar skei.

Die jaar toe dit gemmerbier gereën het

Moedverloor word deur ’n verskriklike droogte geteister. Die dorp is verlate – behalwe vir Koot Marais, die apteker, en sy gesin. Maar dan beland Katisja op hulle voorstoep – gewapen met slegs haar rooi sambreel en onmoontlike oplossings vir allerhande onmoontlike probleme. En wat volg is suiwer maltrap-avontuur: ontploffende drankies, singende Agtertrekkers, tweeling-fortuinvertellers, geheimsinnige wakiste, verlore kinders, en ’n skouspelagtige lugontsnapping in ?n sigeuner-karavaan!

30-Minute Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek

Topverkoper Louisa Holst is terug met nog ‘n treffer propvol watertandgeregte, wat in ‘n japtrap in jou lugbraaier gemaak kan word. Geniet smullekker biryani-hoenderslaai, pikante stokvis-en-jalapeño-gebak, varktjops met geroosterde chakalaka en stomende frikkadelle-en-pap. En die ietsie soets ter afronding? Ontspan, onweerstaanbare nageregte sorg vir daardie soete verleiding – alles kant en klaar in net 30 minute.

30 Minutes South African Air Fryer Cookbook

Air-fryer queen Louisa Holst knows what the market needs and is back with a bang – featuring delicious meals ready in just 30 minutes! Enjoy lip-smacking Biryani chicken salad, zesty Hake and jalapeño bake, Pork chops with roasted chakalaka and flavour-packed samp and beans sausage stew. This book delivers bold flavors with minimal effort. And to finish on a sweet note? Yes, there are delectable desserts too – all prepared in just 30 minutes!

Sarah plus een

Toe Sarah na haar 55ste martriekreünie genooi word, wonder sy wat haar klasmaats van haar bloedrooi gekleurde hare en onpaar oorbelle sal dink. Sy wonder ook waar sy ’n metgesel gaan kry. Om na haar grootworddorp terug te keer gaan net ou wonde oopkrap. En sy gaan vir Franco, die hartevertrapper, weer in die oë moet kyk!

Wikus se wetenskaplike dagboek

Wikus besluit om ? dagboek te hou vir een belangrike rede: Sy nuutste wetenskaplike eksperiment het, soos al die ander, verskriklik, verskriklik verkeerd geloop en hy wil uitvind waarom. Die meganiese draak wat hy as troeteldier maak, breek los by die kerkbasaar se pannekoektafel en veroorsaak chaos. Dan maak hy en sy vriendin Violet superhelium en word onverwags deel van ’n lugballonresies. En op sy ouma se tagtigste verjaardagpartytjie beland sy vraatformule in die verkeerde hande . . .

Sprokie in ‘n streepbaadjie

Heloise begin graad elf by Presidentpark. In die kunsklas onmoet sy vir AB. Hulle onderwyser bedank, en AB stel vir Heloise voor aan die beeldhouer Heike Leibig. Heloise ontdek dat Heike AB se ouma is, en sy naam is Abelard. Heike se middeleeuse heldin is Heloise, wat saam met haar geliefde Abelard in Parys se oudste begraafplaas lê. Toeval?

Sweetie

Nataniël is enig in sy soort. Kunstenaar, sanger, skrywer, wysgeer. In hierdie uitsonderlike bundel stories vermaak Nataniël ons weer met sy vlymskerp en soms stikdonker humorsin: die stories is absurd, misterieus en immer betowerend.