Los bietjie plek vir magic

Agtien! Nairobi kan uiteindelik asemhaal. Sy is vry van die skadu wat haar al jare volg: haar tannie se verdwyning. Maar net toe dinge beter begin lyk, kry haar lewe op haar verjaarsdag ’n skok – ’n onverwagte besoeker daag op, en haar kêrel dump haar voor die hele klas. Nairobi word gedwing om die verlede se raaisels in die oë te kyk.

Buy Online

Karoowildsvleis

Die boek hoort in elke kombuis, so kry jou voorskoot en beïndruk jou gaste met wildsgeregte uit die boonste rakke.

Van man tot man

Olive Schreiner het meer as veertig jaar aan From Man to Man gewerk, maar dit is nooit voltooi nie. In 1926 word dit postuum deur haar eggenoot uitgegee. Die Nobelpryswenner JM Coetzee het onlangs dié aangrypende roman versorg en verwerk, en ’n gepaste slothoofstuk bygeskryf. Dit is vertaal deur Antjie Krog.

 

Waar die teerpad ophou

’n Eerlike en aangrypende reisverhaal waarin Jean Cooper en sy vriend De Witt vir drie maande op twee motorfietse deur Afrika ry – van Pretoria tot in Spanje. Wat begin as ’n avontuur vol opgewondenheid, word vinnig ’n veel dieper reis: ’n deurkruising van landskappe, geskiedenis, gevaar, vriendskap, identiteit en innerlike worsteling.