Brief op veertigduisend voet

Dreyer laat die leser in verwondering na die wêreld kyk. Sy natuurgedigte en reisgedigte belig die mens se interaksie met sy omgewing. Ooptes en ongekarteerde gebiede dui op die onsekere avontuur van die post-postmoderne mens. Teenoor gedigte oor die antieke staan dié oor tegnologie, asook wetenskapsfiksie. En die liefde word roerend verbeeld.

Buy Online

Churchill & Smuts

Die Vriendskap

Die eiesoortige vriendskap tussen Winston Churchill en Jan Smuts is ’n studie in kontraste. Richard Steyn, die skrywer van Jan Smuts: Afrikaner sonder grense, bestudeer dié hegte vriendskap deur twee wêreldoorloë aan die hand van ’n magdom argiefstukke, briewe, telegramme en die omvangryke boeke wat oor albei mans geskryf is.

Ook beskikbaar in Engels as Churchill & Smuts: The Friendship

Buy Online

Die avonture van Wilde Willemientjie (2026)

Voor die verskyning van haar eerste tand is Willemientjie wêreldbekend. Met al die diere van die diereryk wat sy om haar pinkie kan draai, reis sy die wêreld vol: na die Kalahari, Paternoster, selfs die maan! En so tussen die klappe wat sy en die diere aan booswigte toedien, sorg hulle vir een groot makietie.
Buy Online

Die Belydenis

(Plain Truth)

Twee vroue. Een geheim.

Die ontdekking van ’n dooie baba in ’n skuur op ’n Amiese plaas in Amerika dreig om ’n jong vrou se lewe te verwoes.

Buy Online

Die Boek van Twee Weë

(The Book of Two Ways)

In die splitsekonde wat sy met haar eie dood gekonfronteer word, verander alles in Dawn Edelstein se lewe. Sy is op ’n vliegtuig wat skielik gedwing word om ’n noodlanding te doen. Terwyl sy haar op die ergste voorberei, is haar gedagtes egter nie by haar eggenoot en dogter nie, maar by Wyatt Armstrong – ’n man wat sy 15 jaar gelede in Egipte agtergelaat het. 

Buy Online

Die Brug

Die Brug vertel, in die stemme van ’n klein groepie van hierdie dienspligtiges, wat hulle daar op die slagveld aangetref het en van die SAW se hardkoppige aandrang dat hulle herhaaldelik na dieselfde doodsakker terugkeer.

Buy Online

Die Groot Afrikaanse Blokraaiboek

Verkies jy blokraaie waar die leidrade binne of buite die raaisel staan, koderaaisels of sudoku? Die Groot Afrikaanse Blokraaiboek van Gerda Engelbrecht bevat dit alles!

Buy Online

Die oorkant

’n Onthutsende en ontroerende roman oor gesinsgeweld en die vrae of die natuur verligting en die tyd genesing kan bring.

Buy Online

Die SAW en Cuito Cuanavale

Die SAW en Cuito Cuanavale deur Leopold Scholts is ‘n kritiese ontleding wys hoe maklik propaganda en politiek in die pad van feite kan staan.

Buy Online