Vlam van die sprokkelhout

Maré l’Abillionni word uit Portugal na Madagaskar weggeruk en beland op die slaweskip Meermin voordat sy by Struisbaai uitspoel. Sy is gebreek soos sprokkelhou, maar haar vlam is nog lank nie geblus nie.

258 jaar later arriveer Hetta Uys op Agulhas. Terwyl sy haar ouma se huis oppak, word ’n stokoue dagboek ontdek wat haar toekoms kan bepaal.

Buy Online

 

Volmaan in Baviaanskloof

In hierdie magiese landskap, waar skoonheid en wreedheid in ewewig bestaan, besef ons opnuut dat mens en dier se lot nie van mekaar geskei kan word nie – almal en alles is deel van ’n groter geheel.

’n Meesleurende verhaal oor verlies en die veerkragtigheid van die menslike gees.

Buy Online

Wordsworth Books
Loot

Takealot

Vreemde vos

Die aflegging van onskuld is deel van menswees en kan soos ’n sikloon alles voor die voet platvee, maar dit is ook moontlik om sin te maak van die storm. Vreemde vos is ’n tydlose verhaal wat geeneen ongeraak sal laat nie.

’n Teer, spitsvondige stem, met emosionele diepgang. – Johannes de Villiers

Buy Online

Vreesvanger

Wie sal JY bel as jou grootste vrese bewaarheid word?

Buy Online

Waar bloed kruip

Met haar aankoms by Noordeberg Hospitaal is Lola Anley opgewonde om plek in die gesogte Straumann Huis te kry. Maar dan vind sy uit sy bly in die kamer van ’n student wat vermoor is.
Om al die spoke ter ruste te lê móét sy Asher Parker se moord oplos – sonder dat iemand die waarheid oor haar eie verlede ontdek.

Buy Online

Waar die teerpad ophou

’n Eerlike en aangrypende reisverhaal waarin Jean Cooper en sy vriend De Witt vir drie maande op twee motorfietse deur Afrika ry – van Pretoria tot in Spanje. Wat begin as ’n avontuur vol opgewondenheid, word vinnig ’n veel dieper reis: ’n deurkruising van landskappe, geskiedenis, gevaar, vriendskap, identiteit en innerlike worsteling.

Buy Online

 

Water Music

First published in 2013, this 2022 reissue of Water Music by master thriller writer Margie Orford is the fifth book in the bestselling Clare Hart thriller series.

Buy Online