Los bietjie plek vir magic
Agtien! Nairobi kan uiteindelik asemhaal. Sy is vry van die skadu wat haar al jare volg: haar tannie se verdwyning. Maar net toe dinge beter begin lyk, kry haar lewe op haar verjaarsdag ’n skok – ’n onverwagte besoeker daag op, en haar kêrel dump haar voor die hele klas. Nairobi word gedwing om die verlede se raaisels in die oë te kyk.