Die groot Klopraaiboek: 100 blinknuwe blokraaie
Die taalpraktisyn en letterkundige Annie Klopper het haar liefde vir woorde en algemene kennis ingespan om hierdie blokraaie, of Klopraaie, te skep. Daar is 20 klein raaie wat jy oor jou oggendkoffie kan voltooi, 10 middelslagraaie om in die wagkamer te takel of jy kan oor die naweek of vakansie jou tande slaan in een van die 70 groot blokraaie.