Klop die stof uit jou kop met 100 splinternuwe, oorspronklike blokraaie.
Of jy nou 10 minute, ’n halfuur of ’n uur se speeltyd het, jy hoef nie gou weer verveeld te wees nie. Die taalpraktisyn en letterkundige Annie Klopper het haar onstuitbare liefde vir woorde en algemene kennis ingespan om hierdie blokraaie, of “Klopraaie” soos sy dit noem, te skep.
Daar is 20 klein raaie wat jy oor jou oggendkoffie kan voltooi, 10 middelslagraaie om in die wagkamer te takel of jy kan oor die naweek of vakansie jou tande slaan in een van die 70 groot blokraaie.
Klop jou hier, klop jou daar, en siedaar, die blokraai is klaar!

Reviews
There are no reviews yet.