Biltong en Dior: Avonture van ‘n Afrikaanse Fransman
Louis Jansen van Vuuren se kostelike vertellings oor sy lewe in Frankryk word verryk met boeiende brokkies oor die Franse geskiedenis en raad vir hoe om te oorleef in ’n samelewing met ’n haas onleerbare taal en eiesoortige gewoontes. Uiteindelik gee dié Afrikaanse Fransman se lewe in die vreemde hom ’n nuwe waardering vir sy tuisland.







