Ruben Namibië en Cindy: Manewales van Ruben Lambrechts en sy diere

Ruben Lambrechts en sy gesin is oor die wêreld heen bekend vir die wilde diere wat dolgelukkig op die plaas by hulle woon. Die diere is nie troeteldiere nie en bly nie in hokke nie. Ontmoet meerkatte Minki en Jerry, Cindy die bobbejaan, die vlakvarke en vele meer in hierdie versameling kinderstories. Dis volkleur-dieremanewales op elke bladsy!

Pretpark (2025 uitgawe)

Wanneer ‘n pretpark in die rustige dorpie Rustenvrede opdaag, kan Johan en Anton nie wag om dit te besoek nie. Maar hulle kom gou agter hierdie is geen gewone karnaval nie. En alhoewel hulle aanvanklik skepties is, neem hulle deel aan ‘n toertjie by die skool om die pretpark te adverteer. Maar was dit net ‘n skadelose toertjie?

Ena Murray Speurverhale

Drie puik speur- en spanningsverhale: In Satan van Zimbabwe, Die man met die geel oë en Onrus op Oshakati is die geliefde Ena Murray op haar heel beste en sal lesers ure se tonekrul-plesier ervaar met verhale waarin liefde, misdaad en intrige die spilpunte is! Afrikaans se heel gewildste skrywer se verhale is tydloos.

YOU: Did you know?

Did you know that zebras are actually black with white stripes? That the Bloukrans Bridge is the highest bridge in Africa? Or that Table Mountain was the bottom of a valley millions of years ago? A collection of amazing facts and infographics from YOU’s popular Did you know? series that will make young and old exclaim: “I didn’t know that!”

Huisgenoot: Het jy geweet?

Het jy geweet dat sebras eintlik swart met wit strepe is? Dat die Bloukransbrug die hoogste brug in Afrika is? Of dat Tafelberg miljoene jare gelede die bodem van ’n vallei was? ’n Versameling verstommende feite en infografika uit Huisgenoot se gewilde Het jy geweet?-reeks wat oud en jonk saam sal laat uitroep: “Dít het ek nie geweet nie!”

Soek in die boek: Goeters wat gaan

Welkom by ‘n opwindende reis met voertuie op land, water en in die lug! Elke bladsy bied ‘n nuwe avontuur: ‘n fiets met ‘n klokkie wat lui, ‘n groot geel bus vol passasiers, en ‘n stoomtrein wat op die spore ry.

Die vrolike rymteks nooi kleintjies uit om saam te gesels, terwyl die “soek-en-vind” speletjie op elke bladsy kinders lank sal besig hou. Met ‘n handige drahandvatsel, perfek vir klein handjies, kan hierdie boek oral saamreis!

Soek in die boek: Feetjieland

Welkom in ʼn betowerende sprokieswêreld! In Feetjieland wag ʼn skatkis van avonture: dans saam met die eenhoring, speel saam met die feetjie en maak maats met ’n prinses.

Die vrolike rymteks nooi kleintjies uit om saam te gesels, terwyl die “soek-en-vind”-speletjie op elke bladsy kinders lank sal besig hou. ‘n Handige drahandvatsel, perfek vir klein handjies, sorg dat hierdie towerwêreld oral kan saamreis!

My eerste opwip met flappe: Jan en die boontjierank

Betree die betowerende wêreld van sprokiesverhale met ʼn interaktiewe hervertelling van Jan en die boontjierank! Die opwiptonele en flappe in hierdie klassieke storie sal kinders se verbeelding aangryp en hul nuuskierigheid prikkel.

ʼn Arm plaasseun verruil sy familie se koei vir towerboontjies wat oornag tot ʼn reuseboontjierank groei! Hy klim tot hoog in die wolke en ontdek ʼn reus se kasteel vol ongelooflike skatte, insluitend ʼn gans wat goue eiers lê. Die seun moet baie dapper wees en van die kwaai reus ontsnap om die skatte huis toe te bring.

My eerste opwip met flappe: Rooikappie

Betree die betowerende wêreld van sprokiesverhale met hierdie interaktiewe hervertelling van Rooikappie! Die opwiptonele en flappe in hierdie klassieke storie sal kinders se verbeelding aangryp en hul nuuskierigheid prikkel.

Rooikappie loop deur die woud om ʼn mandjie lekkernye vir haar ouma te neem. Maar langs die pad ontmoet sy ‘n geheimsinnige wolf met glinsterende oë en skerp tande, en by Ouma se huisie is alles nie pluis nie . . .