My jaar van vrees en vryheid
My jaar van vrees en vryheid is ’n reisverhaal oor die sprongjaar in Marita van der Vyver se lewe. In hierdie reis, wat oor drie vastelande strek, word ’n hele leeftyd se herinneringe van een van Afrikaans se heel grootste skrywers ontgin. Soms moet mens baie verloor, en ook bereid wees om self verlore te raak, voor mens regtig vryheid kan verkry.