Skorpio

Griessel moet die saak in Idasvallei vat. Die een van die private speurder, vergruis onder die BMW in die motorhuis. Want Cupido ken die slagoffer. Dit was sy boesemvriend. En hy sê dis g’n ongeluk nie. En dan gaan ‘n woonwa op ‘n spogplaas in vlamme op. En die identiteit van die verkoolde liggaam begin die media tot raserny dryf . . .

Buy Online


Exclusive Books

Loot

Wordsworth Books

Readers Warehouse

Graffiti Books

Wen die stryd in jou gedagtes: 30 jaar uitgawe

Bekommernis, twyfel, verwarring, depressie en woede is alles aanvalle op die gemoed. In hierdie opgedateerde uitgawe leer Joyce ons hoe om ons gedagtes te fokus op die manier waarop God dink. Sy deel stories uit haar eie lewe, saam met Bybelse waarhede en aanmoediging om jou te help om doelgerig te dink en ‘n vreugdevolle lewe te begin.

Kronkelpad

’n Deernisvolle roman oor die kronkelpaaie van die lewe en die liefde. Marco Romanelli, ’n Italianer wat in ’n konsentrasiekamp was, gaan woon in 1948 om gesondheidsredes in die Bosveld. Daar ontmoet hy vir dr. Lettie Viljoen. Die liefde blom tussen hulle . . . maar dan breek die polio-epidemie van die jare vyftig uit.