From the battlefields of Angola during the Border War to the jungles of the Democratic Republic of the Congo, Command tells the story of Brigadier General Peter Sereko, an officer who fought and excelled in the African battlespace. This book offers gripping accounts of war, leadership lessons and reflections on what it means to be a soldier.
Olive Schreiner het meer as veertig jaar aan From Man to Man gewerk, maar dit is nooit voltooi nie. In 1926 word dit postuum deur haar eggenoot uitgegee. Die Nobelpryswenner JM Coetzee het onlangs dié aangrypende roman versorg en verwerk, en ’n gepaste slothoofstuk bygeskryf. Dit is vertaal deur Antjie Krog.
’n Eerlike en aangrypende reisverhaal waarin Jean Cooper en sy vriend De Witt vir drie maande op twee motorfietse deur Afrika ry – van Pretoria tot in Spanje. Wat begin as ’n avontuur vol opgewondenheid, word vinnig ’n veel dieper reis: ’n deurkruising van landskappe, geskiedenis, gevaar, vriendskap, identiteit en innerlike worsteling.
Twee van François Bloemhof mees geliefde grilstories in een boek. In Hospitaaltyd word Rudi deur ‘n geheimsinnige brief in ‘n lokval gelei, terwyl hy probeer uitvind waarom drie kinders van sy skool wat deur ‘n motor raakgery is, almal so vreemd optree nadat hulle uit die hospitaal kom. In Donkerwoud hoor die tweelingbroers Tiaan en Rolf grieselrige stemme roep vanuit die woud agter hul eksentrieke Tante Olga se huis . . . .
Raponsie woon stoksielalleen in ‘n heks se toring. Sy ken geen ander lewe nie – totdat sy ’n goedhartige prins ontmoet wat haar wys hoe vryheid lyk. In hierdie vertelling van die immergroen sprokiesverhaal vou die tonele voor jou in 3D oop. Elke bladsy is ‘n nuwe avontuur met illustrasies wat jong lesers sal boei. Verken die afgeleë toring, die digte woud en Raponsie en die prins se gelukkige einde in hierdie toevoeging tot die bekende Opwipsprokie-reeks.