Roelf Meyer: ’n Politieke memoires

’n Aangrypende blik op die verloop van die oorgangstyd. In kernmomente was dit Roelf se spesiale verhouding met Cyril Ramaphosa wat die knoop deurhak. Hy vertel oor hul band, wat 30 jaar later ’n rol gespeel het in sy aanstelling as ambassadeur tot Amerika, en beantwoord die vraag: Wat verg dit om skynbaar onversoenbare partye te laat saamwerk.