Sarah plus een

Toe Sarah na haar 55ste martriekreünie genooi word, wonder sy wat haar klasmaats van haar bloedrooi gekleurde hare en onpaar oorbelle sal dink. Sy wonder ook waar sy ’n metgesel gaan kry. Om na haar grootworddorp terug te keer gaan net ou wonde oopkrap. En sy gaan vir Franco, die hartevertrapper, weer in die oë moet kyk!

Sweetie

Nataniël is enig in sy soort. Kunstenaar, sanger, skrywer, wysgeer. In hierdie uitsonderlike bundel stories vermaak Nataniël ons weer met sy vlymskerp en soms stikdonker humorsin: die stories is absurd, misterieus en immer betowerend.

’n Knippie moord

’n Knippie moord is humoristies, propvol kinkels en kleurryke karakters, en natuurlik ook ’n tikkie romanse!

Buy Online