Kleinkat 1: Kleinkat se strokiesklub

Maak gereed vir ‘n nuwe strokiesboekreeks deur die skepper van Hondman! Kleinkat leer vir ‘n skool paddavissies hoe om hul eie strokiesprente te skep – van stories oor ’n tandeborsel wat ’n prokureur wil word tot ’n kaastoebroodjie-monster. Kinders sal lag, teken, en hul eie strokiesavonture skep lank nadat hulle die laaste bladsy omgeblaai het.

Die jaar toe dit gemmerbier gereën het

Moedverloor word deur ’n verskriklike droogte geteister. Die dorp is verlate – behalwe vir Koot Marais, die apteker, en sy gesin. Maar dan beland Katisja op hulle voorstoep – gewapen met slegs haar rooi sambreel en onmoontlike oplossings vir allerhande onmoontlike probleme. En wat volg is suiwer maltrap-avontuur: ontploffende drankies, singende Agtertrekkers, tweeling-fortuinvertellers, geheimsinnige wakiste, verlore kinders, en ’n skouspelagtige lugontsnapping in ?n sigeuner-karavaan!

Wikus se wetenskaplike dagboek

Wikus besluit om ? dagboek te hou vir een belangrike rede: Sy nuutste wetenskaplike eksperiment het, soos al die ander, verskriklik, verskriklik verkeerd geloop en hy wil uitvind waarom. Die meganiese draak wat hy as troeteldier maak, breek los by die kerkbasaar se pannekoektafel en veroorsaak chaos. Dan maak hy en sy vriendin Violet superhelium en word onverwags deel van ’n lugballonresies. En op sy ouma se tagtigste verjaardagpartytjie beland sy vraatformule in die verkeerde hande . . .

Sprokie in ‘n streepbaadjie

Heloise begin graad elf by Presidentpark. In die kunsklas onmoet sy vir AB. Hulle onderwyser bedank, en AB stel vir Heloise voor aan die beeldhouer Heike Leibig. Heloise ontdek dat Heike AB se ouma is, en sy naam is Abelard. Heike se middeleeuse heldin is Heloise, wat saam met haar geliefde Abelard in Parys se oudste begraafplaas lê. Toeval?

Ruben Namibia and Cindy: Farm escapades of Ruben Lambrechts and his animals

Namibian Ruben Lambrechts is known all over the world for taking care of orphaned wild animals and giving them a second chance at life on the family farm. Meet Cindy the baboon, meerkats Minki and Jerry, Betsie and Bennie the warthogs and many more in this book of six stories for children. Photos and illustrations bring the animal antics to life.

Lotta se lewe 15: Otters oral!

Dit is die een katastrofe ná die ander in elfjarige Lotta se lawwe lewe! In Otters oral! is Lotta se beste vriendin, Chantelle, in die wolke, want haar ma het ’n man op ’n webwerf vir pasmaats ontmoet. Nou wil sy sommer vir almal ’n pasmaat soek! Miskien kan Lotta haar daarvan laat vergeet deur haar in die middel van die nag op ’n otter-avontuur te vat . . .

Die dagboekstyl en prettige illustrasies sal lesers van 8 tot 12 jaar boei.

Pretpark (2025 uitgawe)

Wanneer ‘n pretpark in die rustige dorpie Rustenvrede opdaag, kan Johan en Anton nie wag om dit te besoek nie. Maar hulle kom gou agter hierdie is geen gewone karnaval nie. En alhoewel hulle aanvanklik skepties is, neem hulle deel aan ‘n toertjie by die skool om die pretpark te adverteer. Maar was dit net ‘n skadelose toertjie?