Wikus besluit om ? dagboek te hou vir een belangrike rede: Sy nuutste wetenskaplike eksperiment het, soos al die ander, verskriklik, verskriklik verkeerd geloop. As hy alles begin neerskryf, gaan hy dalk ? patroon sien en uitvind wat dit is wat al sy baie belowende eksperimente altyd so skeef laat loop! Eksperiment 24601 het byvoorbeeld begin soos al die ander: met ? uitsonderlik-briljante-begaafde-blink idee. Maar die meganiese draak wat hy as troeteldier maak, breek los by die kerkbasaar se pannekoektafel en veroorsaak chaos. Dan maak hy en sy vriendin Violet superhelium en word onverwags deel van ’n lugballonresies. Op sy ouma se tagtigste verjaardagpartytjie besluit Wikus om DIE GROOT PLAN™ in werking te stel. Maar sy vraatformule beland in die verkeerde hande en lei tot pandemonium. Uiteindelik is Wikus die vark in die verhaal, maar daar is darem ’n gelukkige einde. Tot sy volgende eksperiment . . .


Wikus se wetenskaplike dagboek
Wikus besluit om ? dagboek te hou vir een belangrike rede: Sy nuutste wetenskaplike eksperiment het, soos al die ander, verskriklik, verskriklik verkeerd geloop en hy wil uitvind waarom. Die meganiese draak wat hy as troeteldier maak, breek los by die kerkbasaar se pannekoektafel en veroorsaak chaos. Dan maak hy en sy vriendin Violet superhelium en word onverwags deel van ’n lugballonresies. En op sy ouma se tagtigste verjaardagpartytjie beland sy vraatformule in die verkeerde hande . . .
Categories All Books, Children's Books
| ISBN | 9780798185318 |
|---|---|
| Publication date | September 2025 |
| Imprint | Human & Rousseau |
| Language | Afrikaans |
| Format | Softcover (198mm x 130mm) |
| Pages | 144 |
Be the first to review “Wikus se wetenskaplike dagboek” Cancel reply
Reviews
There are no reviews yet.