Het van Verlangekraal
Het Heiberg. Die weggooikind van Verlangekraal. Sy het dit gewaag om in opstand te kom teen ’n rigiede skoolsisteem wat geen rebelsheid of individualiteit sou duld nie. Hierdie geliefde en diep menslike verhaal wys vir die eerste keer wie in haar lewe saak gemaak het en wat in haar gedagtes omgegaan het. Dit vertel bowenal hoe sy oorleef het.




