Rillers: Omnibus 2

Twee van François Bloemhof mees geliefde grilstories in een boek. In Hospitaaltyd word Rudi deur ‘n geheimsinnige brief in ‘n lokval gelei, terwyl hy probeer uitvind waarom drie kinders van sy skool wat deur ‘n motor raakgery is, almal so vreemd optree nadat hulle uit die hospitaal kom. In Donkerwoud hoor die tweelingbroers Tiaan en Rolf grieselrige stemme roep vanuit die woud agter hul eksentrieke Tante Olga se huis . . . .