Ons soek na die perfekte drukkie

Vier hasies soek na die perfekte drukkie in hierdie flappie-avontuur. Daar is allerhande verrassings om te ontdek, van stekerige krimpvarkie-drukkies tot wollerige lammetjie-drukkies.

Daar is al meer as 3 miljoen boeke wêreldwyd oor dié hasie-maats verkoop! Dis ook die eerste boek in die internasionale topverkoperreeks om in Afrikaans gepubliseer te word.

Buy Online

Kanniedood

Skinderpraatjies veroorsaak dat speuradjudant Storm van der Merwe tydelik geskors word. Die omgewingsaktivis Jane English nooi haar uit om op haar wildplaas neffens Barrydale te kom kuier. Maar Jane het ’n verskuilde agenda: ’n sindikaat het skaars vetplantjies van haar plaas gestroop en sy smeek Storm om die smokkelnetwerk oop te vlek.

Buy Online

 

Brief op veertigduisend voet

Dreyer laat die leser in verwondering na die wêreld kyk. Sy natuurgedigte en reisgedigte belig die mens se interaksie met sy omgewing. Ooptes en ongekarteerde gebiede dui op die onsekere avontuur van die post-postmoderne mens. Teenoor gedigte oor die antieke staan dié oor tegnologie, asook wetenskapsfiksie. En die liefde word roerend verbeeld.

Buy Online

Rillers: Omnibus 1

Twee van François Bloemhof mees geliefde grilstories in een boek. In Die speletjie laai Wouter ‘n dodelike rekenaarspeletjie af . . . Noudat die speletjie sy naam het, en mense begin sterf, is daar net een uitweg: speel, of word die volgende slagoffer. In Die vrou met die pers oog moet Chris en Martie in hul nuwe skool aanpas. Maar hul nuwe maats is vreemd en die biblioteekjuffrou het ’n donker geheim . . .

Buy Online

 

Klipkoud

‘Elkeen van hierdie kartonhouers bevat die oorskot van ‘n mens …
Ons pakplek het opgeraak,” verduidelik die professor, “daarom
het ons toe maar hierdie bokse begin gebruik.’

Nicole Engelbrecht is terug met ‘n nuwe boek oor van die
interessantste sake uit haar gewilde potgooi True Crime South
Africa.

Jan Smuts: Afrikaner sonder grense

Jan Christiaan Smuts was ’n soldaat, staatsman, intellektueel en een van Suid-Afrika se grootste leiers. Tog word daar vandag min oor hom gepraat of geskryf, al beleef ons tans skynbaar ’n leierskapsvakuum.

In Afrikaner sonder grense voer Richard Steyn aan dat ons hierdie indrukwekkende kryger-staatsman se lewe en denke moet herbesoek, omdat daar soveel te leer is uit sy merkwaardige prestasies.

Buy Online

Ook beskikbaar in Engels as Jan Smuts: Unafraid of Greatness

Louis Botha

Krygsman, generaal, staatsman

Louis Botha was ’n briljante Boeregeneraal wie se taktiese vernuf en intuïtiewe aanslag vir etlike oorwinnings oor die Britse magte in die Anglo-Boereoorlog gesorg het. Richard Steyn gee op meesterlike wyse insae in die lewe van hierdie grootse Suid-Afrikaanse krygsman en staatsman.

Buy Online

Churchill & Smuts

Die Vriendskap

Die eiesoortige vriendskap tussen Winston Churchill en Jan Smuts is ’n studie in kontraste. Richard Steyn, die skrywer van Jan Smuts: Afrikaner sonder grense, bestudeer dié hegte vriendskap deur twee wêreldoorloë aan die hand van ’n magdom argiefstukke, briewe, telegramme en die omvangryke boeke wat oor albei mans geskryf is.

Ook beskikbaar in Engels as Churchill & Smuts: The Friendship

Buy Online

Die Stellenbosch Mafia

’n Verhaal van mag, geld en invloed

Die gewilde skrywer en bekroonde joernalis Pieter du Toit het gaan ondersoek instel op Stellenbosch. Du Toit kyk krities na hierdie klub van miljardêrs: Wie is hulle en belangriker nog, hoe is hulle onderling verbind? Hy beskryf ook die opkoms van Markus Jooste en die impak wat die Steinhoff-skandaal gehad het.

Buy Online