Sekelmaan

’n Groep jong Suid-Afrikaanse Jode, die teiken van ’n terreuraanval in Kairo, is die vlam in ’n kruitvat vir grootskaalse oorlog in die Midde-Ooste. In die middel daarvan is joernalis Ruby Heyns, in besit van inligting wat die skaal in dié konflik kan swaai. Wanneer Ruby verdwyn, moet agent Reuben Kruger al sy kennis inspan om haar spoor op te tel.

Die drie weduwees

Ami het geweet sy gaan eendag moet afskeid neem van Paul de Jager. Maar wat sy nie verwag het nie, is sy laaste opdrag aan haar: Sy moet na ’n onopgeloste saak uit die 1990’s kyk. Wanneer ’n vyftienjarige seun van Pretoria op pad kafee toe met net R20 in sy sak spoorloos verdwyn, behoort daar tog iewers ’n leidraad te wees.

Buy Online