Heks
Die verteller in Heks vind haar toevlug in sprokies en mites. Terwyl die oorlog in Oekraïne op TV-skerms wys, verdiep sy haar in die mitologie van dié land – ook as skans teen toenemende vyandelikheid in haar huwelik. ’n Ongeoorloofde verhouding besiel haar egter en sy besluit om die kosmetiekmaatskappy waarvoor sy werk aan te vat.


