Irma Venter

Irma Venter is ’n bekroonde joernalis en misdaadskrywer en woon in Kaapstad. Sy is die eerste Suid-Afrikaanse skrywer wat internasionaal uitgegee is deur Amazon Crossing. Haar krimi’s Skoenlapper (2012), Skrapnel (2013), Sondebok (2014), Skarlaken (2015), Sirkus (2017), Sondag (2018) en Sewe-en-veertig (2019) was almal blitsverkopers. Minder as niks (2021), ​Die verkeerde vrou ​(2022) en ​Al wat tel ​(2024) is die eerste drie boeke in haar reeks met die joernalis Ami Prinsloo as hoofkarakter. Skoenlapper en Die verkeerde vrou is albei bekroon met 'n ATKV Woordveertjie in die spanningsgenre. Vyf van haar titels is in Engels vertaal.

Author's books

Een vir een

Toe jong rugbyspelers en hul ouers tydens ’n skoolwedstryd handgemeen raak, rapporteer misdaadverslaggewer Ami Prinsloo nie net die nuus nie, maar word sy ook ’n ooggetuie van ’n vuisgeveg wat skrikwekkende gevolge het. Terwyl sy ondersoek instel na die rede vir die bakleiery, ontbloot sy ’n geheim wat haar bloed laat kook.

Die drie weduwees

Ami het geweet sy gaan eendag moet afskeid neem van Paul de Jager. Maar wat sy nie verwag het nie, is sy laaste opdrag aan haar: Sy moet na ’n onopgeloste saak uit die 1990’s kyk. Wanneer ’n vyftienjarige seun van Pretoria op pad kafee toe met net R20 in sy sak spoorloos verdwyn, behoort daar tog iewers ’n leidraad te wees.

Buy Online