’n Bundel met die 6 Wilde Willemientjie-avonture wat oorspronklik in 2 afsonderlike boeke (2006 en 2009) verskyn het. Hierdie uitbundige, selfs woeste prenteboeke sleur jong lesers mee. Riana Scheepers se rymvernuf en Vian Oelofsen se illustrasies laat dié baba, wat nie om dowe neute Wilde Willemientjie heet, in volkleur lewe kry. Sy is wild! Voor die verskyning van haar eerste tand is Willemientjie se wildheid wêreldbekend en is sy haar oupa se oogappel. Nie net het haar ouers g’n raad met haar nie, ook skurke en jagters laat sy les opsê. Met al die diere van die diereryk wat sy om haar pinkie kan draai, reis sy deur die wêreld; na die Kalahari, die Tsitsikamma-woud en Paternoster en, les bes, ook die maan! En so tussen die klappe wat sy en die diere aan booswigte toedien, sorg hulle vir een groot makietie.
Die avonture van Wilde Willemientjie (2026)
’n Bundel met die 6 Wilde Willemientjie-avonture wat oorspronklik in 2 afsonderlike boeke (2006 en 2009) verskyn het. Hierdie uitbundige, selfs woeste prenteboeke sleur jong lesers mee.
Coming Soon
Riana Scheepers
SKU
9780624096382
Categories Afrikaans, All Books, Children's Books, Fiction, General, New & Upcoming
| Publication Date | June 2026 |
|---|---|
| Language | Afrikaans |
| Publisher | Tafelberg |
| Format | Softcover (280mm x 210mm) |
| Extent | 128pp |
| ISBN | 9780624096382 |
Be the first to review “Die avonture van Wilde Willemientjie (2026)” Cancel reply

Reviews
There are no reviews yet.