Zara
Klara Thomas, ’n Kaapse skrywer, werk aan ’n roman oor Zara Schmelen, ’n Namavrou van Klein-Namakwaland wat met die Duitse sendeling Hinrich Schmelen getrou het. Saam vertaal hulle die vier Evangelies in Nama. In argiewe en ou geskrifte volg Klara Zara se spore en probeer sy dié merkwaardige vrou en haar lewenswerk uit die skadu’s lig.