Moerbeibos
Italiaanse sywurmboere word na Suid-Afrika gebring om ’n sybedryf te kom vestig in Gouna se boswêreld, waar moerbeibome verseg om te groei. Die strawwe boswinter teister die verwarde immigrante, wie al meer verbitter raak teen die goewerment. Silas Miggel, ’n bosmens met ’n onregeerbare dogter en ’n kop vol planne, kom hulle tot hulp.