Van man tot man

Olive Schreiner het meer as veertig jaar aan From Man to Man gewerk, maar dit is nooit voltooi nie. In 1926 word dit postuum deur haar eggenoot uitgegee. Die Nobelpryswenner JM Coetzee het onlangs dié aangrypende roman versorg en verwerk, en ’n gepaste slothoofstuk bygeskryf. Dit is vertaal deur Antjie Krog.

 

Van man tot man word wyd en syd beskou as Olive Schreiner se beste roman. Sy het langer as veertig jaar daaraan gewerk, maar dit is nooit voltooi nie. In 1926 word dit postuum deur haar eggenoot uitgegee en sedertdien was daar ook ander uitgawes, o.m. een deur Dorothy Driver, met ’n voorwoord, uittreksels uit Schreiner se briewe en moontlike alternatiewe eindes vir die roman.

Die Nobelpryswenner JM Coetzee het onlangs dié meesterstuk van Schreiner versorg en verwerk, en self ’n gepaste slothoofstuk geskryf.

Van man tot man is ’n besonder leesbare roman, en ’n belangrike toevoeging tot die Suid-Afrikaanse letterkunde. Schreiner se intelligensie en belesenheid skep die indruk van ’n kontemporêre roman, en nie van een wat sy aanvang reeds in 1873 gehad het nie. Dit speel af in die 1860’s en handel oor twee susters wat groot word op ’n plaas in die Groot-Karoo.

Die roman is uit Engels vertaal deur die bekroonde digter Antjie Krog.

Language

Afrikaans

Publisher

Human & Rousseau

Format

Softcover (234 mm x 152 mm)

Publication Date

August 2026

ISBN

9780798185448

E-ISBN

9780798185455

Extent

320pp

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Van man tot man”

Your email address will not be published. Required fields are marked *