Steierwerk

Soos die titel suggereer, dien bogenoemde impulse as stellasies waarmee Myburg sy verse bou. Hierdie meta-poëtiese gedigte ontgin egter ook ’n ander betekenis van die bundeltitel, naamlik dié van wankeling. Steierwerk is ’n aangrypende verkenning van verval: van eie lyf, kuns en land.

Coming Soon

Met sy jongste bundel bevestig Johan Myburg hom weer eens as een van die mees gerekende digters in die Afrikaanse letterkunde. Steierwerk bestaan uit 71 sonnette ryk aan ’n uiteenlopende ervaringswêreld. Benewens reis- en liefdesverse is daar die digterlike gesprek met groot geeste soos NP van Wyk Louw, Wilma Stockenström, William Shakespeare, TS Eliot en John Keats, asook met figure soos Mahler en Bizet, en ekfrastiese verse oor onder meer Goya en Dürer.

Soos die titel suggereer, dien bogenoemde impulse as stellasies waarmee Myburg sy verse bou. Hierdie meta-poëtiese gedigte ontgin egter ook ’n ander betekenis van die bundeltitel, naamlik dié van wankeling. Steierwerk is ’n aangrypende verkenning van verval: van eie lyf, kuns en land.

Steierwerk is vir my, saam met Antjie Krog se Plunder, een van die digterlike hoogtepunte van die afgelope vier jaar.” – Henning Pieterse

Publication Date

June 2026

Language

Afrikaans

Publisher

Human & Rousseau

Format

Softcover (152mm x 234mm)

Extent

84pp

ISBN

9780798186346

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Steierwerk”

Your email address will not be published. Required fields are marked *