Op die drempel van sestig, met haar jongste kind op pad uit die huis, sukkel die hoofkarakter van Die vrou met nege lewens om rus in haarself te kry. Die enigste konstante blyk haar sorg van katte te wees, wat soos ’n draad deur haar lewe loop.
Onvergenoeg met die een na die ander blyplek, haar werk, die mense naaste aan haar, en veral haarself, gaan sy op ’n soektog na betekenis en ’n doel in haar lewe. Dit lei tot lang meditasies, swem in die see, joga, psigoanalise, en sy pak selfs meer as een psigedeliese reis aan, met verreikende gevolge.
En dan word haar soeke deur ’n gesondheidskok op die spits gedryf . . .

Reviews
There are no reviews yet.