’n Knippie moord

’n Knippie moord is humoristies, propvol kinkels en kleurryke karakters, en natuurlik ook ’n tikkie romanse!
Coming Soon

Klara Beyers, voormalige joernalis, bestuur deesdae ’n gastehuis en blommeplaas op Somersee naby Hermanus.

Sy is heldersiende en voel onheil in haar nek begin kriewel die oggend toe Dewald Rademeyer sonder ’n bespreking op haar drempel staan. ’n Dag later daag Judi Dench, ’n misterieuse Siamese kat met ’n oënskynlik verskerpte sesde sintuig, ook by die gastehuis op en dis nie lank nie of Dewald se lyk word met ’n naaldwerkskêr in sy nek gevind.

Kolonel Mack Biesenbach van Kaapstad en kaptein Schalk Mocke is eerste op die misdaadtoneel waar hulle ’n geskokte Klara met bloed op haar hande aantref.

’n Knippie moord is humoristies, propvol kinkels en kleurryke karakters, en natuurlik ook ’n tikkie romanse!

Publication Date

May 2026

ISBN

9780798186186

Extent

224pp

Format

Softcover (198mm x 130mm)

Language

Afrikaans

Publisher

Human & Rousseau

E-ISBN

9780798186193

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “’n Knippie moord”

Your email address will not be published. Required fields are marked *