Ten Slotte

In hierdie eerlike en onderhoudende vertelling beskryf Eben van die vernaamste faktore van sy sukses, en hoe hy gefokus bly – op en van die veld af.

Koop aanlyn:

Eben Etzebeth is die speler wat al die meeste toetswedstryde in Suid-Afrikaanse rugbygeskiedenis gespeel het. Op die veld word hierdie slot se intelligensie, energie en aggressie gerespekteer en bewonder.

Hy is lid van die senior Springbok-leierskapspan, en speel ’n groot rol in ’n ongelooflik suksesvolle era wat twee agtereenvolgende Wêreldbekers en die groep se huidige posisie van twee jaar boaan die wêreldranglys insluit.

In hierdie eerlike en onderhoudende vertelling beskryf Eben van die vernaamste faktore van sy sukses, en hoe hy gefokus bly – op en van die veld af. Van sy nederige kinderjare in Goodwood – ’n voorstad van Kaapstad waar niks maklik kom nie – regdeur sy vroeë klubloopbaan, tot by sy swaar verdiende plek in die Suid-Afrikaanse nasionale span, vertel Ten Slotte die persoonlike kant van sy loopbaan, en wat dit geverg het om ’n wêreldkampioen te word.

Publication Date

October 2025

ISBN

9781776194940

Extent

256 pp

Format

TPB (233 x 152mm)

1 review for Ten Slotte

  1. Charlene Swanepoel

    Wat ‘n aangename boek om te lees. Ek was aangenaam verras.

    Ek sal Ten Slotte met oortuiging aanbeveel.

    Welgedaan aan Eben en die hele “skryfspan” met hierdie boek.

    Alle seën en sukses vir die toekoms.

Add a review

Your email address will not be published. Required fields are marked *