Brief op veertigduisend voet

Dreyer laat die leser in verwondering na die wêreld kyk. Sy natuurgedigte en reisgedigte belig die mens se interaksie met sy omgewing. Ooptes en ongekarteerde gebiede dui op die onsekere avontuur van die post-postmoderne mens. Teenoor gedigte oor die antieke staan dié oor tegnologie, asook wetenskapsfiksie. En die liefde word roerend verbeeld.

Buy Online

SKU 9780795803437 Categories , , ,

Soos die verwysing na perspektief in sy digbundeltitel, Brief op veertigduisend voet, aandui, laat Dreyer die leser nuut en in verwondering na objekte en verskynsels kyk.

Lig, wat sig moontlik maak, word metafories ingespan vir die menslike belewening van die verbygaan van tyd. Verlatenheid, ooptes, en ongekarteerde gebiede word metafore vir die onsekerheid en prekêre avontuur van die post-postmoderne mens.

Die bundel sluit natuur- en bewaringsgedigte in, asook reisgedigte, verweef met geskiedenis, wat die mens se interaksie met sy omgewing belig.

Spanning tussen die antieke en moderne word geskep met die insluiting van gedigte oor tegnologiese en wetenskaplike innovasie, asook wetenskapsfiksie – reeds deur die titel gesuggereer. En menslike verhoudinge – deur die “brief” van die titel geaktiveer – word in roerende dog onsentimentele liefdesgedigte verbeeld.

Brief op veertigduisend voet is opwindend en verbeeldingryk, terwyl dit ook die beste aspekte van die poëtiese tradisie bevat.
Publication Date

April 2026

ISBN

9780795803437

Extent

112pp

Format

Softcover (198mm x 130mm)

Language

Afrikaans

Publisher

Queillerie

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Brief op veertigduisend voet”

Your email address will not be published. Required fields are marked *