Wat doen jy wanneer jou kind uit die bloute ’n vraag vra waarop jy nie dadelik die antwoord het nie? Of dalk dink jy dat jy die antwoord het, maar jou kind is nie heeltemal tevrede met jou verduideliking nie? Huisgenoot se gewilde Het jy geweet?-reeks bied sedert 2017 interessante inligting vir kinders én hul ouers en het ’n betroubare bron vir skooltake geword. Vir die eerste keer is daar ’n versameling van onderwerpe beskikbaar. Vind alles uit oor ons pragtige land Suid-Afrika: ons amptelike landstale, die simboliek van ons landsvlag, ons erfenisgebiede en nasionale simbole, die Groot Vyf, ons besonderse plantegroei, en ons land se handel en nywerheid. Kom leer saam oor die voedselketting, fotosintese, die watersiklus, elektriese stroombane en die periodieke tabel, en verwonder jou aan verstommende feite en infografika oor die planete, die melkweg, die aarde se lae, en soveel meer.
Het jy geweet? sal help om nuuskierige kinders te kweek en volwassenes opnuut laat besef hoe min hulle eintlik oor Suid-Afrika en die fassinerende wêreld om ons weet. Die boek is propvol inligting wat jou oë sal laat rek en oud en jonk saam laat uitroep: “Dít het ek nie geweet nie!”

Reviews
There are no reviews yet.