Wintersrust

Wintersrust is ’n bruisende verhaal vol hartstog en avontuur. Dit handel oor individue wat worstel met magte buite hul beheer.

Buy Online

Categories , ,

’n Familie bevind homself in twee geskeur wanneer hulle by die Anglo-Boereoorlog betrek word en ’n Boereseun teen sy Britse neef moet gaan baklei. Met die uitbreek van die oorlog word liefdes- en vriendskapsbande wat op die Transvaalse bosveld en in die sitkamers van Victoriaanse Engeland gesmee is, op die slagvelde van Suid-Afrika getoets.

Wanneer die eerste fase van die oorlog oorgaan in die guerrillafase en die vernietigende verskroeideaardebeleid geïmplementeer word, moet die twee nefies en hul sibbe moeilike keuses maak en alles op die spel plaas.

Wintersrust is ’n bruisende verhaal vol hartstog en avontuur. Dit handel oor individue wat worstel met magte buite hul beheer. Sommige word deur wanhoop oorweldig en oorleef nie. Ander kom uiteindelik by vrede en vergifnis uit. Ondanks hul woede en gevoel van verontregting ontdek die familie ’n mag wat sterker as die oorlog is.

Publication Date

May 2017

ISBN

9781868427338

E-ISBN

9781868427659

Extent

656pp

Format

TPB (233 x 152mm)

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Wintersrust”

Your email address will not be published. Required fields are marked *