Legkaart

Meer as tien jaar gelede het ’n rebelse jong skrywer, Simca, spoorloos tussen die verlate mynskagte naby Barberton verdwyn.

Nou gaan ’n groep bekroonde speurverhaalskrywers na ’n afgeleë skrywerslypskool naby die plek waar Simca verdwyn het.

Hul opdrag: skryf ’n verhaal wat die verdwyning oplos.

Maar dan word ’n lyk ontdek. Een van vele . . .

 

 

Meer as tien jaar gelede het ’n rebelse jong skrywer, Simca, spoorloos tussen die verlate mynskagte bo die Brulwaterval naby Barberton verdwyn. Haar liggaam is nooit gevind nie. Haar geheim ook nie.

Nou nooi die uitgewer Olive Warrington ’n groep bekroonde speurverhaalskrywers na ’n afgeleë skrywerslypskool naby die plek waar Simca verdwyn het. Hul opdrag: skryf ’n verhaal wat die verdwyning oplos.

Kaptein Beer Henning moet die skrywers met inligting oor polisieprosedures bystaan. Maar voordat die eerste kortverhaal voltooi kan word, tref verwoestende vloede die Laeveld. Die groep word van die buitewêreld afgesny en die rivier styg gevaarlik.
Dan word ’n lyk ontdek.

Wanneer nog sterftes volg, besef Beer een van die skrywers is bereid om herhaaldelik moord te pleeg. Elkeen het iets om weg te steek. Elkeen het ’n motief.

En iewers tussen legkaartstukkies skuil die moordenaar se identiteit.

’n Tonekrul-lekker knus whodunnit deur ’n immergewilde skrywer.

Language

Afrikaans

Publisher

Tafelberg

Format

Softcover (234 mm x 152 mm)

Publication Date

November 2026

ISBN

9780624097426

E-ISBN

9780624097433

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Legkaart”

Your email address will not be published. Required fields are marked *