Swerwerskraal

Swerwerskraal is ’n  ware verhaal. Een wat ’n mens soms aan die keel beetkry en jou hart wil uitruk.

 

Alida Mees is die jongste dogter uit ’n welvarende skeepsboufamilie in die Nederlandse hawestad Rotterdam. As sy met haar ouers of grootouers en haar eenders geklede vier sussies straat-af stap, gaan die mense staan om te staar. Die Mees-dogters is gewoond aan privaat onderwys, musieklesse, swierige partytjies en huisbediendes. Hulle is ’n hegte gesin en hoewel bevoorreg, moedig Vader Job sy dogters aan om hul talente te ontgin en die wêreld met al sy versteekte avonture te ondersoek. “Alida is ’n voorbeeldige, soet kindjie,” spog haar ma gereeld. “Hoe ironies, hoe hartverskeurend ironies dat Moeder só oor my gedink het,” sou sy jare later besef.

Wanneer ’n tragedie die oudste sussie, Ita, tref, verruil sy haar lewe as teaterkunstenaar in Haarlem vir dié van boervrou in die verre Noord-Transvaal-provinsie van Suid-Afrika. Die plaas Swerwerskraal in die Potgietersrust-distrik is skaapwêreld. Beeswêreld. Tabakwêreld. Harde wêreld.

Alida, ook bekend as Kein, die jongste, bekwaam haar as botanis en rits die wêreld vol op haar pa se bote na bekende blommeskoue, koninklike museumtuine, versteekte kloostertuine, beroemde plantlabirinte en drywende vlottuine. En ook na Afrika. Na Swerwerskraal.

Swerwerskraal is die verhaal van Ita en Kein — die oudste en die jongste van die vyf Mees-dogters — en hul liefdesverhouding met Afrika. Die skrywer neem die leser op reis van die asemrowende weelde van Europa na die afgeleë, ongerepte Noord-Transvaal. Dit is ’n reis deur die Eerste Wêreldoorlog, die twee Boere-oorloë, die Rebellie, die Ossewabrandwag-jare en die Tweede Wêreldoorlog.

Die leser kry ’n intieme, en in baie gevalle voorheen ongepubliseerde, blik op die lewe van bekendes soos Hertzog-pryswenner prof. Johannes Grosskopf, dramaturg dr. Anna Neethling-Pohl, die skilder Erich Mayer en die aanneem-gesin van die voormalige polisiekommissaris genl. Lothar Neethling. Tog is dit nie die bekende name wat ’n mens van dié verhaal bybly nie; dis die susters se storie wat jou aangryp.

Swerwerskraal is ’n  ware verhaal. Een wat ’n mens soms aan die keel beetkry en jou hart wil uitruk.

Language

Afrikaans

Publisher

Tafelberg

Format

Softcover (234 mm x 152 mm)

Publication Date

October 2026

ISBN

9780624097266

E-ISBN

9780624097273

Extent

304pp

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Swerwerskraal”

Your email address will not be published. Required fields are marked *