Vlam van die sprokkelhout

Maré l’Abillionni word uit Portugal na Madagaskar weggeruk en beland op die slaweskip Meermin voordat sy by Struisbaai uitspoel. Sy is gebreek soos sprokkelhou, maar haar vlam is nog lank nie geblus nie.

258 jaar later arriveer Hetta Uys op Agulhas. Terwyl sy haar ouma se huis oppak, word ’n stokoue dagboek ontdek wat haar toekoms kan bepaal.

 

SKU 9780795803413 Categories , , ,

Maré l’Abillionni het soos ʼn tak van die moederboom afgebreek. Vanaf die Dourovallei in Portugal reis sy na Madagaskar om na haar lank verlore niggie te soek. Jare later, in 1766, gaan sy aan boord van die slaweskip Meermin wanneer gevaar op die eiland dreig. Maar teëspoed volg haar en sy spoel op die strand by Struisbaai uit. Sy is sprokkelhout. Opgebreek in stukke in ’n vreemde land waar almal oor haar kan uitsprake lewer. Maré se vlam is egter nog lank nie geblus nie, soos Matthys Lourens maar te goed besef wanneer hulle paaie kruis.

Hetta Uys, getaak met die opruiming en verkoop van haar ouma se “spookhuis”, beland 258 jaar later op Agulhas. Ook gebreek soos sprokkelhout omdat haar bruidegom haar voor die kansel op Struisbaai gelos het en sy haar pos as joernalis verloor het. Wanneer ’n nutsman ’n stokoue dagboek in die huis ontdek, word Hetta ingetrek in ’n lank vergete storie wat haar toekoms kan bepaal.

Al lê daar eeue tussen hulle, stook al twee dié vroue ’n vuur in die Strandveld.

Language

Afrikaans

Publisher

Queillerie

Format

Softcover (234 mm x 152 mm)

Publication Date

September 2026

ISBN

9780795803413

E-ISBN

9780795803420

Extent

304pp

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Vlam van die sprokkelhout”

Your email address will not be published. Required fields are marked *