Rillers: Omnibus 2

Twee van François Bloemhof mees geliefde grilstories in een boek. In Hospitaaltyd word Rudi deur ‘n geheimsinnige brief in ‘n lokval gelei, terwyl hy probeer uitvind waarom drie kinders van sy skool wat deur ‘n motor raakgery is, almal so vreemd optree nadat hulle uit die hospitaal kom. In Donkerwoud hoor die tweelingbroers Tiaan en Rolf grieselrige stemme roep vanuit die woud agter hul eksentrieke Tante Olga se huis . . . .

 

Ontdek waarom François Bloemhof een van die mees geliefde spanningskrywers is, met hierdie lekker omnibus wat twee van sy gewildste verhale bevat. In Hospitaaltyd word Rudi deur ‘n geheimsinnige brief in ‘n lokval gelei. Daar is al drie kinders van sy skool deur ‘n motor omgery en elke keer het die skuldige weggekom. Maar hoekom tree die kinders so anders op wanneer hulle uit die hospitaal kom? En nou is Rudi dalk die volgende slagoffer. In Donkerwoud kom die tweelingbroers Tiaan en Rolf gou agter die woud rondom hul eksentrieke Tante Olga se huis steek ‘n donker geheim weg, wanneer grieselrige stemme uit die bome begin roep . . . ‘n Geheimsinnige meisie lok Tiaan tydens ‘n hewige storm tussen die digte bome in, en wanneer hy spoorloos verdwyn, moet sy familie die spookagtige bos trotseer om hom te vind voordat dit te laat is.

En as ’n ekstra bonus is daar ’n skakel na twee splinternuwe, gratis luisterstories!

 

Language

Afrikaans

Publisher

Human & Rousseau

Format

Softcover (213 mm x 137 mm)

Publication Date

August 2026

ISBN

9780798185875

Extent

224pp

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Rillers: Omnibus 2”

Your email address will not be published. Required fields are marked *