Karoowildsvleis

Die boek hoort in elke kombuis, so kry jou voorskoot en beïndruk jou gaste met wildsgeregte uit die boonste rakke.

Wanneer wildsvleis reg verwerk word, is dit van die smaaklikste dinge wat jy op jou bord kan hê. En wie kan nou ’n sappige stukkie Karoowild weerstaan? In dié boek neem Annatjie, huishoudkundige en Karookind, en Lynne  jou op ’n wildsreis en wys jou al die truuks – van die verwerking tot gaarmaakmetodes en bevriesing.

Die boek is ingedeel volgens snitte, met lipafleklekker resepte vir elk. Geroosterde steakblokkies met knoffelsous, biltonghappies, ontbeende wildsbladrol, gerookte wors, Karookerrie en selfs bobotie en lewerkoekies staan hul plek vol. En natuurlik wildspastei, almal se gunsteling. Jy sal alles en nog meer in dié boek kry, van die klassieke treffers tot dié met ’n lekker twist.

Die boek hoort in elke kombuis, so kry jou voorskoot en beïndruk jou gaste met wildsgeregte uit die boonste rakke.

Language

Afrikaans

Publisher

Human & Rousseau

Format

Softcover (280mm x 215mm)

Publication Date

August 2026

ISBN

9780798186278

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Karoowildsvleis”

Your email address will not be published. Required fields are marked *