Die dertienjarige Timotheus Nieuwoudt se lewe verander onherroeplik wanneer hy sy hand in ’n motorongeluk verloor. Terwyl hy probeer aanpas by sy nuwe realiteit in ’n wêreld waarin hy reeds as buitestander leef, kondig sy ouers aan dat hulle gaan skei, en Tim voel meer geïsoleerd as ooit. Dan gebeur iets onverwags: Telkens wanneer Tim bang of alleen voel, verskyn daar ’n onwaarskynlike besoeker – ’n Europese rooivos.
Dié vreemde vos help Tim om ’n veilige tussen-in plek te vind waar hy sy nuwe werklikheid kan konfronteer en leer hoe om sy komplekse emosies te navigeer.
Vreemde vos herinner ons dat elkeen, ongeag sy ouderdom, oor die nodige innerlike krag en wysheid beskik om die moeilikste van tye te oorkom en genesing te vind, ongeag wie, wat of waar jy is. Die aflegging van onskuld is deel van menswees, en kan soos ’n sikloon alles voor die voet platvee. ’n Tydlose verhaal wat geeneen ongeraak sal laat nie.
Vreemde vos is ’n storie wat mode en gier oorstyg. – Rachelle Greeff

Reviews
There are no reviews yet.