Ontdek waarom François Bloemhof een van die mees geliefde spanningskrywers is met hierdie lekker omnibus wat twee van sy gewildste verhale bevat. In Die speletjie kom Wouter ‘n rekenaarspeletjie teë wat nie gestop kan word nie . . . Hy het nooit gedink een download sal sy lewe kan vernietig nie, maar noudat die speletjie sy naam het, en mense begin sterf, is daar net een uitweg: speel, of word die volgende slagoffer. In Die vrou met die pers oog moet Chris en Martie in hul nuwe skool aanpas. Maar hul nuwe maats is vreemd en die biblioteekjuffrou het ’n donker geheim. Die vrou met die pers oog het hulle in haar dodelike kloue . . .
En as ’n ekstra bonus is daar ’n skakel na ’n splinternuwe, gratis luisterstorie!


Reviews
There are no reviews yet.