Outopsietafel

Stories van ‘n Forensiese Patoloog in Afrika

As ‘n eietydse mediese speurder het die forensiese patoloog Ryan Blumenthal al derduisende outopsies uitgevoer wat tot die arrestasie van ’n groot aantal misdadigers gelei het. Dit is sy groot doel en strewe om oortreders aan die pen te help ry. In Outopsietafel beskryf hy van die moeilike lesse wat hy as ’n jong patoloog moes leer en hy vertel van die ongewone en dikwels grusame sterfgevalle wat hy al teëgekom het.

Available March 2025

Categories ,

As ‘n eietydse mediese speurder het die forensiese patoloog Ryan Blumenthal al derduisende outopsies uitgevoer wat tot die arrestasie van ’n groot aantal misdadigers gelei het. Dit is sy groot doel en strewe om oortreders aan die pen te help ry.

In Outopsietafel beskryf hy van die moeilike lesse wat hy as ’n jong patoloog moes leer en hy vertel van die ongewone en dikwels grusame sterfgevalle wat hy al teëgekom het. Hy het gedurende sy loopbaan byvoorbeeld al etlike hoëprofielsterftes hanteer, sterftes weens natuurrampe en ook mense wat deur weerlig of wilde diere gedood is.

Blumenthal bied ’n fassinerende blik op alles wat agter die skerms gebeur by die lykshuis en beskryf selfs ‘n tipiese lykskouing en die instrumente wat hy tydens ’n ondersoek gebruik. Hy deel ook ‘n paar geheime, soos hoe om vas te stel of ’n moord plaasgevind het en of iemand selfdood gepleeg het.

Al kan die dooies nie praat nie, het hulle nogtans baie om te sê – en Blumenthal is daar om te luister.

Publication Date

March 2025

ISBN

9781776194704

E-ISBN

9781776194711

Extent

224pp

Format

Demy 210mm x 138mm

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Outopsietafel”

Your email address will not be published. Required fields are marked *