Klipkoud

‘Elkeen van hierdie kartonhouers bevat die oorskot van ‘n mens …
Ons pakplek het opgeraak,” verduidelik die professor, “daarom
het ons toe maar hierdie bokse begin gebruik.’

Nicole Engelbrecht is terug met ‘n nuwe boek oor van die
interessantste sake uit haar gewilde potgooi True Crime South
Africa.

SKU 9781776195510 Categories , , ,

In Klipkoud kyk sy weer na die dossiere van vermiste mense. Sy
heroorweeg die leidrade en luister weer na die onderhoude wat sy
gevoer het. Baie van hierdie inligting is nog nooit voorheen
bekendgemaak nie.

In ’n poging om ’n mate van afsluiting te bied aan die slago􀆯ers se
geliefdes, laat val Engelbrecht die soeklig op sowel ou as nuwe
onopgeloste sake. Hierdie sake wissel van ’n onbekende vrou wie
se oorskot onder ‘n swembad ontdek is tot ‘n jong man wat deur
die gevangenisstelsel se krake geval het; van ‘n sakereis wat
dodelik ontaard het tot ‘n meisie wat reg voor haar huis ontvoer is.

Engelbrecht neem die leser saam in haar deurtastende soeke na
die waarheid.

Publication Date

Feb 2026

ISBN

9781776195510

E-ISBN

9781776195527

Extent

224pp

Format

TPB (233 x 152mm)

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Klipkoud”

Your email address will not be published. Required fields are marked *