In Christus

’n Lewe in Christus behels dat jy uitgaan in die wêreld en daadwerklik ’n verskil maak. Wanneer gewone Christen-mense Christus word vir ander, kan hierdie nuwe manier van glo ’n massabeweging word wat die ganse mensdom ten diepste sal
aangryp. In Christus
beloof om te inspireer en gelowiges nuut oor hul Christenskap te laat dink.

Buy Online

Categories , ,

“God is nie een of ander control freak nie . . . Hy laat die gelowige self keuses maak en self verantwoordelikheid neem.”

Wat beteken dit om vandag ’n Christen te wees? Dit is lankal nie meer genoeg om blindelings net Sondag ná Sondag die erediens by te woon nie, sê die geestelike leier en oudsoldaat Callie Roos. Dit is slegs deur ’n lewe in Christus dat ons werklik God se krag in ons kan beleef.

Volgens Callie beleef die kerk vandag ’n krisis en georganiseerde godsdiens hou gelowiges gevange in dogma en ’n behoefte aan beheer. Christene moet ontsnap uit die geestelike tronk wat hulle inperk en hul bestaande begripsraamwerk bevraagteken. ’n Lewe in Christus behels dat jy uitgaan in die wêreld en daadwerklik ’n verskil maak. Wanneer gewone Christen-mense Christus word vir ander, kan hierdie nuwe manier van glo ’n massabeweging word wat die ganse mensdom ten diepste sal aangryp.

In Christus beloof om te inspireer en gelowiges nuut oor hul Christenskap te laat dink.

Publication Date

October 2019

ISBN

9781776190027

E-ISBN

9781776190034

Extent

260pp

Format

TPB (233 x 152mm)

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “In Christus”

Your email address will not be published. Required fields are marked *