Ami het geweet die dag gaan kom dat sy moet afskeid neem van Paul de Jager, die afgetrede polisiegeneraal wat met mening teen alzheimers baklei het. Maar wat sy nie verwag het nie, is sy laaste opdrag aan haar: Sy moet met die hulp van sy drie eksvroue na ’n stokou onopgeloste saak kyk.
Die drie weduwees, soos hulle genoem word, is aanvanklik ewe min lus om aan Paul se versoek gehoor te gee. Niemand kon dan al bepaal hoe ’n vyftienjarige seun van Pretoria in 1998 op pad kafee toe met net R20 in sy sak verdwyn het nie.
Met haar eerste besoek aan die Moot besef Ami dat Eberhard Gouws se ma nog lank nie moed verloor het dat haar kind gaan huis toe kom nie.
Teen haar sin begin sy al hoe dieper in die raaisel ingetrek word, die halwe waarhede en leuens wat een vir een begin kop uitsteek.
En toe verdwyn nog ’n kind . . .
Die drie weduwees is die vierde boek in Irma Venter se krimi-reeks met die joernalis Ami Prinsloo as hoofkarakter. Die drie weduwees volg op Minder as niks, Die verkeerde vrou en Al wat tel, maar kan ook alleen gelees word.
Die drie weduwees is die vierde boek in Irma Venter se krimireeks met die joernalis Ami Prinsloo as hoofkarakter. Lees ook die eerste drie boeke in die reeks, Minder as niks, Die verkeerde vrou en Al wat tel. Haar ander gewilde misdaadverhale is: Skoenlapper, Skrapnel, Sondebok, Skarlaken, Sirkus, Sondag en Sewe-en-veertig.






Reviews
There are no reviews yet.