Die Stellenbosch Mafia
’n Verhaal van mag, geld en invloed
Die gewilde skrywer en bekroonde joernalis Pieter du Toit het gaan ondersoek instel op Stellenbosch. Du Toit kyk krities na hierdie klub van miljardêrs: Wie is hulle en belangriker nog, hoe is hulle onderling verbind? Hy beskryf ook die opkoms van Markus Jooste en die impak wat die Steinhoff-skandaal gehad het.