Juliana Coetzer

Juliana woon in Pretoria en beplan om binnekort weer terug te keer na die Wes-Kaap, maar Namakwaland, waar sy grootgeword het, is steeds haar hinterland. Daar, tussen die gousblomme en klipkoppies, het haar liefde vir woorde sy ontstaan gehad wat uiteindelik gelei het tot die publikasie van haar eerste boek, Bloedvreemd, in 2015. Bedags werk sy as psigoterapeut in haar eie praktyk. Haar gesin is haar gunsteling mense en die Sondag laat-middag braai, die lekkerste tyd van die week.

Author's books

Oorkant Jou

‘n Verhaal Uit Die Binnekamer

Oorkant jou is gevul met die stories van die uiteenlopende mense wat Juliana Coetzer se pad kruis as psigoterapeut. Deur hul verhale van swaarkry en herstel, neem Juliana die leser op ʼn reis wat eintlik ons almal sʼn is: Die pad van grootword en eienaarskap neem.

Buy Online