Dana Snyman

Dana Snyman is op Stellenbosch gebore, maar het op verskeie plekke in Suid-Afrika en Namibië grootgeword. Hy het onder meer as veiligheidswag, skakelbordoperateur en boekwinkelklerk gewerk voor hy in die joernalistiek beland het. Hy skryf vir Beeld, Weg!, Huisgenoot en Die Kerkbode en is een van Suid-Afrika se mees geliefde skrywers met ’n rits topverkopers agter sy naam. Dana se talle boeke, rubrieke en verhoogstukke is vol empatie en raak waarnemings oor alledaagse lewe in Suid-Afrika. Sy gewilde TV-reeks, Op pad met Dana, het verskeie seisoene beleef, gevolg deur Grondpad geloof, waarvan die tweede seisoen in 2025 gebeeldsend word. Dana het meer as 70 000 volgelinge op Facebook, waar hy sy stories deel, met oorweldigende meelewing deur sy lesers. Onder sy talle toekennings tel die prestigeryke kykNET-Rapportprys vir niefiksie. Sy jongste boek is Seun.

Author's books

Wie de hel is Johnny Joubert?

Rugby wou Dana nog nooit uitlos nie. Van klubrugby op stowwerige dorpsvelde tot die glorie van drie Wêreldbekers; die stories in hierdie boek kom al ’n leeftyd aan. Wie de hel is Johnny Joubert? is – nes rugby – kleurryk, sonder fiemies, en eg Suid-Afrikaans.