Lotta se lewe 15: Otters oral!

Dit is die een katastrofe ná die ander in elfjarige Lotta se lawwe lewe! In Otters oral! is Lotta se beste vriendin, Chantelle, in die wolke, want haar ma het ’n man op ’n webwerf vir pasmaats ontmoet. Nou wil sy sommer vir almal ’n pasmaat soek! Miskien kan Lotta haar daarvan laat vergeet deur haar in die middel van die nag op ’n otter-avontuur te vat . . .

Die dagboekstyl en prettige illustrasies sal lesers van 8 tot 12 jaar boei.

Lotta Liebenberg is elf jaar oud. Sy hou van pannekoek en is mal oor diere, maar eintlik is sy net doodgewoon. Baie meer doodgewoon as haar ouers en tweeling-raasbekboeties!

In Otters oral! moet Lotta se klas vir geskiedenis ’n mondeling doen oor die feodale stelsel. Sy en haar boesemvriendin, Chantelle, het nie ’n benul wat dit is nie en verbeel hulle dis ’n soort vreemde dier.
Intussen is Chantelle se ma verlief op ’n man genaamd Otmar, wat sy Ottie noem. Hulle het mekaar deur ’n pasmaat-webwerf ontmoet. Chantelle besluit om dieselfde by die skool te doen: sy gebruik ’n posbus waarin kinders hulle “CV’s” kan gooi om dan met iemand afgepaar te word teen ’n betaling van R20. Dinge loop soos altyd skeef en die een meisie smeek Chantelle om haar af te paar met ‘n seun op wie Chantelle ook verlief is. Selfs die kwaai juf. Knakker soek ’n maat!

Met die nuwe liefde in Chantelle se ma se lewe, is die ma skielik vrolik en vol dinge. Hulle ruim die huis op, gooi ou goed uit en hou ’n rommelverkoping. Pienk verf is op afslag by die winkel, so al die vertrekke word pienk geverf. Dit het ook soos altyd katastrofiese en komiese gevolge.

Dan gaan almal na Otmar se meubelwinkel toe. Daar is ’n kragonderbreking en die deure sluit outomaties, so die klomp moet die nag daar deurbring. Hulle eet hulle vol aan lekkers uit die kafeteria en slaap die nag op luukse beddens in die winkel.

Die dagboekstyl en prettige illustrasies sal sorg dat lesers van 8 tot 12 jaar die sjarmante Lotta se eskapades onweerstaanbaar vind. Dit is die een katastrofe ná die ander in Lotta se lawwe lewe. Haar avonture is egter altyd vol pret, humor en verrassings!

ISBN

9780798185035

Publication month

October

Imprint

Human & Rousseau

Language

Afrikaans

Format

213 mm x 137 mm Softcover

Pages

176

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Lotta se lewe 15: Otters oral!”

Your email address will not be published. Required fields are marked *